Landbouskool presteer in gimkana en polocrosse
2008-10-16
VIER ruiters van Hoër Landbouskool Boland het uitstekend presteer tydens die onlangse SA kampioenskappe in Gimkana. Jimmy Wiggens en Van Wyk Burnette is twee ruiters gekies vir die SA Junior seunspan. AJ Mouton is gekies vir die SA Presidentspan en Ignaz Marx is aangewys as die Victor Ludorum by die byeenkoms. Marx en Retief Steenkamp het ook puik prestasies in polocrosse behaal. Ignaz Marx het die WP verteenwoordig in die o.16A- span en was ook ’n lid van die span wat die Cape Classic byeenkoms gewen het. Steenkamp is gekies vir die SA o.23-span wat teen Ierland en Zimbabwe gespeel het, asook vir die senior manspan wat teen Zimbabwe meegeding het. Hy is ook gekies vir die senior manspan wat volgende jaar in Engeland gaan kompeteer.
More
News
|