Ondersteuningsgroepe vir kankerpasiënte
2005-07-21
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika nooi kankerpasiënte en hul families of vriende uit om aan te sluit by ’n ondersteuningsgroep in die Paarl.
Die “Hoping is Coping” ondersteuningsgroep het ten doel om pasgediagnoseerde kankerpasiënte en hul families/vriende die geleentheid te bied om saam met ander pasiënte te vergader en kundiges se insette te kry omtrent die hantering van hierdie siekte.
Onderwerpe sluit in: * Sessie 1: Dinsdag 26 Julie praat dr Heinz van der Merwe oor Wat is kanker en hoe behandel ’n mens dit?
Sessie 2: Dinsdag 2 Augustus gesels Elbet Ackerman oor Dieet en kanker.
Sessie 3: Woensdag 10 Augustus is dit Idelette de la Bat oor Emosionele hanteringstegnieke.
Sessie 4: Dinsdag 16 Augustus is die onderwerp Leef met kanker (Idelette de la Bat).
Sessies is van 18:00 tot 20:00. Plek is beperk, so bespreek sommer vandag nog by Susan Smuts, by 872-4225 of by die Kansa-kantoor, 876-3589.
More
News
|