Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grusame vonds in murasie

Grusame vonds in murasie
 
2008-10-16


DIE liggaam van ’n vrou wat drie maande gelede in Groot Drakenstein vermis geraak het, is verlede week gevind in ’n murasie in Simondium.

René Julies is op 4 Julie by die Groot Drakenstein polisiekantoor as vermis aangegee, nadat sy vanuit haar suster, Mercia Julies, se huis by Simondium Wynkelder verdwyn het. Julies het vroeër vanjaar vanaf Pofadder na Groot Drakenstein verhuis, op soek na werk.

Verlede week het ’n werker op ’n plaas in Simondium op die grusame vonds afgekom van ’n erg ontbinde liggaam wat versteek was in ’n murasie op die plaas.

’n Nadoodse ondersoek sal nou eers moet bepaal hoe Julies gesterf het.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek, kan vir insp Auckland Losper skakel by 082-937-8070.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za