Kamers vol geskenke
2008-10-16
DIE resep agter die sukses van die geskenke-gebeurtenis, Kamersvol Geskenke, wat vanjaar vanaf 29 Oktober tot 2 November by Simondium Country Lodge aangebied word, is om iets te skep uit niks. Maar méér nog, om van die alledaagse dinge kuns te maak en om jou talente te ontsluit. Behalwe die eksklusiewe geskenke, idees en smake, bied Kamersvol ook vanjaar boeiende werkswinkels aan. Daaglikse toegang is 09:30 tot 18:00, Sondag 09:30 tot 16:00. Koste is R25 (ingesluit ’n geskenkesak vol verrassings), asook toegang tot die restaurant. Vir meer inligting, kliek op www.kamersvol.com, stuur ’n e-pos na info@kamersvol.com of skakel Amelia by 072-224-7674
More
News
|