Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen kaartjies vir bruid-ekspo

Wen kaartjies vir bruid-ekspo
 
2008-10-16


TOEKOMSTIGE bruidspaartjies kan nou uitsien na die Lente FAB Bruideskou in Kaapstad op 1 en 2 November, en 10 gelukkige lesers kan elk twee gratis toegangskaartjies wen.

FAB is die grootste okkasie en bruide-ekspo in die Wes-Kaap, en vind by die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum plaas.

As voorloper in die mark, bied FAB aan beide somer- en winterbruidspare die geleentheid om alle dienste wat noodsaaklik is om ’n suksesvolle troue te beplan, onder een dak te vind.

Enigeen wat binnekort trou, of ’n spesiale geleentheid beplan, en selfs diegene wat nog net aan trou dink en na ringe wil kyk, sal baat vind deur ’n besoek te bring aan hierdie uitsonderlike mooi ekspo met uitstallings van hoogstaande gehalte.

Meeste van die Kaap se bekendste ontwerpers stal ook uit en hulle ontwerpe word vertoon tydens die twee modeskoue wat daagliks om 11:00 en 15:00 sal plaasvind, en selfs diegene wat belang stel in ’n unieke rok of pak vir ’n spesiale geleentheid sal baat vind deur ’n besoek aan die skou te bring.

Kaartjies vir die ekspo kos R60 per persoon wat ook die modevertonings insluit en kan by die deur gekoop word.

Tien lesers staan ’n kans om twee gratis kaartjies vir die Ekspo te wen. Bel môre om 10:00 die organiseerders, The Promotions Co, by 021-981-4737 en beantwoord die vraag: Wat word die Bruideskou genoem wat op 1 en 2 November by die KIKS aangebied word? Die eerste 10 persone wat die vraag korrek beantwoord, sal ’n dubbelkaartjie ter waarde van R120 wen.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za