Albions wen o.16-stryd
2008-10-16
DIE Albions Rugbyklub het verlede Vrydag met die louere weggestap in die o.12 en o.16 uitklopkompetisie op Daljosafat- stadion. In die hoofwedstryd van die dag, die o.16-wedstryd, was Albions se kaptein, Carlyle Williams, op sy beste in sy span se 31-0 oorwinning oor Young Peoples. Albions se driedrukkers was Marshall Fredericks (twee drieë), Betawa Nuduka, Redewaan Abrahams en Carlyle Williams. Abrahams was in die kol met drie doelskoppe. Fredericks is ook aangewys as die speler van die aand. In die ander wedstryde het Young Peoples se o.14’s vir Albions met 19-0 getroef. Albions se o.12’s het met 10-0 geseëvier.
More
News
|