Misbruik van drank en alkohol bekyk
2008-10-16
DIE ACVV Noorder-Paarl bied Saterdag 18 Oktober om 09:15 ’n bewusmakingsveldtog aan om die gemeenskap van Paarl-Oos bewus te maak van die gevolge van dwelm- en alkoholmisbruik. Die veldtog sal afgeskop word met ’n optog voor Shoprite in Klein Drakensteinweg en sal eindig by Sonop Primêre Skool ongeveer 12:00. Vroue-inspekteure Diana Fransman of Celeste Barkhuizen sal ’n toespraak lewer met betrekking tot dwelm- en alkoholmisbruik. Na afloop van verrigtinge sal daar ’n rugbywedstryd gespeel word deur spanne van die landelike area. Skakel Laetita Ruiters by 021-872-3487.
More
News
|