Jou rug - dit waarom alles draai
2008-10-16
’n WELLINGTONNER, Elmarie Koch, het onlangs ’n boek oor haar ondervinding met rugprobleme, “Dit Waarom Alles Draai”, geloods. Elmarie is ’n radiografis wat voorheen by Paarl Hospitaal se X-straaldepartement werksaam was, maar as gevolg van ’n werksbesering in 1999 moes sy uit hierdie beroep tree. As gevolg van die onvoorsiene besering moes sy erge rugpyn, rugprobleme en rugoperasies verduur en trotseer. Haar ware verhaal, “Dit waarom alles draai”, bring die bemoedigende nuus dat daar wel goed uit die kwade kan kom, en dat daar wel hoop is vir diegene wat op moedverloor se vlakte wag op verlossing van uitmergelende rugpyn. Elmarie sê, “As gesondheidswerker het ek hierdie boek geskryf sodat ander uit my foute kan leer en nie net alles aanvaar wat met hulle gebeur nie, maar verder ondersoek sal instel en altyd hul eie gesondheidsbelange eerste sal stel, al kos dit wat!” Daar is groot belangstelling by mense om haar boek te bekom. Dit is beskikbaar by Bargain Books Paarl Mall, Boek Hoekie Hoofstraat Paarl en Write Shoppe in Wellington. Vir navrae, skakel 082-707-9655 of 021-873-5525.
More
News
|