Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples verspeel hul kanse

Young Peoples verspeel hul kanse
 
2008-10-16


DIE Young Peoples Krieketklub het Sondag hul kanse deur hul vingers laat glip om ’n oorwinning te behaal in die eerste Pro-20 wedstryd van die seisoen.

Vredenburg/Saldanha het eerste gekolf en ’n goeie 138 lopies, vir die verlies van ses paaltjies, in twintig boulbeurte behaal, danksy ’n skitterende 54* (7x4) deur L Smith. Hy was goed bygestaan deur H Cornelissen (24, 2x4) en Shane Summers (17, 2x6).

Vir die tuisspan het Edwin Jacobs (2/25 in 4bb), PJ de Villiers (1/15 in 4bb) en Jarier Alexander (1/14 in 4bb) goed met die bal gevaar.

Peoples het wankelrig begin en gesteier op 19/3. Hulle het egter goed reggekom met Herschelle Barron (33, 3x4 en 1x6) en Lindsay Davy (20, 2x4).

Hulle was goed bygestaan deur hardnekkige kolfwerk van PJ de Villiers (19, 2x4) en Lorenzo Jacobs (13* 2x4), maar kon op die ou einde net nie die knoop deurhak nie.

Peoples het sy vertoning afgesluit met ’n telling van 134/8 na 20bb.

Die tweede span kon ook nie kapitaliseer op ’n goeie boul- en veldwerkvertoning vroeër die dag nie. Hulle moes net 95 lopies aanteken vir ’n oorwinning, maar te stadige kolfwerk het hul ondergang beteken.

Melvyn Jackson (28, 3x4 en

1x6) het goed gekolf, tesame met Chester Kuiler (35*, 1x4 en 1x6).

Vir Peoples het Riaan Damonse (3/8 in 4bb), Ryan Davids (2/14 in 4bb) en Gercian Gabriels (2/31 in 4bb) goed geboul. Poeples se eindtelling was 85/4 na 20bb.

Die derde span het Saterdag gelykop gespeel (101/8) teen Northdene (101/7) in hul Pro-20 wedstryd op Kraaifontein. Vir Peoples het Riaan Damonse (5/15 in

4bb) skitterend vertoon met die bal.

Saterdag speel Peoples se eerste en tweede spanne tuis teen Malmesbury, terwyl die derdes ook tuis speel teen Paarl-Oos III.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za