Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest verloor promosie-stryd

Hillcrest verloor promosie-stryd
 
2008-10-16


HILLCREST UNITED het die naweek, in ’n opwindende promosie-wedstryd teen Darling, die knie gebuig met 21-14.

Hillcrest se voorspelers het in die eerste helfte van die wedstryd, teen ’n sterk wind, ente veld gewen met hul kenmerkende rolmaalbewegings.

Al Hillcrest se aanvalle was vanaf hul lynstane gedoen, met die lenige Adie Swarts wat baie prominent in dié afdeling vertoon het.

Hillcrest se Gerswin van Rooyen was by verre die beste voorspeler op die veld en het met sy aggressiewe spel die manne van Darling oorhoops gehad.

Die skrumskakel Mario Oransie het ook indrukwekkende spel gelewer met sy dartel-lo- pies.

In die tweede helfte het Darling egter hul spelpatroon verander en Hillcrest se verdedigingslyne oopgevlek.

Ten spyte van dié terugslag kan Hillcrest United steeds terugkyk op ’n besonderse suksesvolle seisoen.

Hulle het daarin geslaag om hul primêre doel te verwesenlik deur as nuwelinge in die liga derde te eindig, met hul ander spanne wat ook goed gevaar het.

Dit dien as ’n bewys dat daar in alle opsigte positiewe groei by Hillcrest, as sportklub, plaasvind (sportsoorte sluit ook sokker en junior rugby in).

Die klub beplan tans ’n toer vir volgende jaar.

Die sokkerspan, Hillcrest Saints, vaar ook baie goed en beklee tans die tweede posisie in die liga - ná groot spanne soos City Killers.

Die klub beoog ook om netbal-, krieket- en veteranespanne op die been te bring.

Die rugby-manne geniet nou ’n welverdiende breek en sal middel November weer begin voorberei vir die 2009 seisoen.

Die klub se bekeruitdeling vind plaas op 31 Oktober in die Wellington Stadsaal. Kaartjies vir hierdie glansgeleentheid is by die lede beskikbaar teen R60.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za