Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Krieket begin seisoen op wennoot

Paarl Krieket begin seisoen op wennoot
 
2008-10-16


PAARL KRIEKETKLUB het Saterdag vir Malmesbury Krieketklub met 63 lopies geklop in die Pro-20 kompetisie.

Paarl het eerste gekolf en 124/6 aangeteken, met Carlo Crotz wat ’n onoorwonne 43 lopies behaal het (3x4).

Aan die einde van die beurt het Alfredo Adams nog ’n blitsige 20 lopies bygevoeg wat twee reuse sesse en een vier ingesluit het.

Willem Bruintjies (2/14) was die besoekers se beste bouler.

Die kolwers van Malmesbury het gesukkel teen Paarl se boulers, met Ultalyn Ernstzen (2/8) en Lynal Jansen (4/9) wat die paaltjies laat kantel het.

Vir die besoekers was H Manuel (28, 3x4) die enigste kolwer wat weerstand gebied het teen die Paarl boulaanval.

Paarl II (46/0) het op Parys verspot maklik afgereken met Malmesbury II (45/10), deur laasgenoemde met 10 paaltjies te klop.

R Cornelissen (2/9), M Heask (2/8), G Adams (2/5) en C Cupido (2/3) het gesorg dat die kolwers nie op dreef kon kom nie.

Paarl se openingskolwers R Andrews (23, 2x4) en E Jansen (19, 3x4) het die wenlopies in die negende boulbeurt aangeteken.

Paarl III (72/10) het hul wedstryd teen GMT Paarl-Oos III verloor met 36 lopies (108/3).

Vir die wenspan het Edrich Cook (55*, 1x4 en 1x6) die meeste lopies aangeteken.

Geen speler van die tuisspan kon meer as 20 lopies aanteken nie. Bjorn Hollenbach (2/12), Dale Watts (2/12) en Dane Schoor (3/11) is die boulers wat die Paarl kolwers kleedkamer toe gestuur het.

Komende Saterdag speel Paarl I en II op Vredenburg in die volgende ronde wedstryde van die Pro-20 kompetisie teen Vredenburg/Saldanha I en II.

Op die Parys-velde speel Paarl III teen Wellington III om 10:30, terwyl die wedstryd tussen Paarl IV en Coronations III om 14:30 begin.

Volgende Saterdag, 25 Oktober, speel Paarl I en II op Parys teen Young Peoples I en II onderskeidelik om 14:30 en 10:30, terwyl Paarl III se wedstryd teen Northdene II om 10:30 begin op Kraaifontein.

Alle spelers word versoek om die oefeninge te Parys om 17:00 by te woon. Nuwe spelers is ook welkom.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za