WEENS grootskaalse bedrog met babahondjies, wil ons die publiek inlig waarvoor hulle op die uitkyk moet wees wanneer hulle Staffies wil koop.
Volg die volgende goue reëls indien jy oorweeg om ’n goedgeteelde Staffordshire Bull Terrier te koop om teleurstelling te voorkom - moenie blindweg koop nie.
* Vra die teler of hy ’n lid van ’n Staffie-klub is en indien nie, vra uself hoekom nie? Die klubs se hoofdoel is om die kwaliteit van die ras te verbeter.
* Moenie ongeregistreerde honde koop nie! Daar mag Pitbull-bloed betrokke wees of dit mag ’n gesteelde teef wees. Daar word baie Staffies gesteel.
* Wees versigtig om op koerant- of internetadvertensies te reageer. Ek kry baie oproepe van teleurgestelde kopers. Moenie sommer glo dat die hond van kampioenlyne af kom nie. Glo my, in daardie geval sal dit nie nodig wees om dit te adverteer nie.
* Al is mense welbekend in die skouwêreld, bevestig hul kredietwaardigheid met ’n klub. Omdat daar so ’n aanvraag is, verkoop mense nie altyd honde wat hulself geteel het nie.
Kopers word dikwels ook gevra om die volle koopsom te deponeer en dan arriveer die hondjie nie op die lughawe nie.
Kontak asb die klub by 021- 976-6412 of staffieclub@m web. co.za of die Kennel Union SA by 021-432-9027.
Hulle sal vir u riglyne gee en name van eerbare telers gee wat teel vir kwaliteit en nie kwantiteit nie.
Wees geduldig, moenie oorhaastig koop nie. Doen ook navorsing oor die ras om seker te wees dat die hond by jou gesin sal pas.
Stella Muller, Western Cape Staffordshire Bull Terrier Club