NA vele onderhandelings, briewe en telefoonoproepe weier die Munisipaliteit steeds om voor ons huise in Chicago, Paarl, skoon te maak.
As belastingbetalers voel ons hulle moet die area ordentlik kom skoonmaak, want die gras en onkruid groei lank en dit lyk onooglik.
Ons hoop die Munisipaliteit sal ag slaan op ons probleem.
As gevolg van die lang gras skuil diewe daar en beroof mense wat op pad na hul werke en bestemming is.
Mense gebruik dit nou ook om hul rommel te gooi.
Kom nou, Munisipaliteit, kom doen jul werk en laat ons plek ook mooi lyk - of lewer julle net diens in sekere areas?
Ontevrede inwoners van Gemsbok- en Springbokstraat