NAMENS die mede-hoofborge FNB en KWV, asook alle ander borge en feesgangers van Cultivaria, wil ek graag hiermee Drakenstein Munisipaliteit bedank en gelukwens met die wonderlike ondersteuning verleen aan Cultivaria.
Die talle komplimente van besoekers oor die netheid van strate, veiligheid van besoekers en voertuie en vriendelikheid van die munisipale werkers en verkeersdienste spreek van waardering vir die grootse taak wat jaarlik so professioneel uitgevoer word.
Die Munisipaliteit het ’n beduidende rol in die rekordgroei wat Cultivaria jaarliks behaal.
Wees verseker dat ons almal dit raaksien en opreg waardeer en met groot afwagting uitsien na Cultivaria 2009!
Gerhard Meyer, feesdirekteur Cultivaria