`Mooier as Mooi' in Paarl
2005-07-21
’n KABARET, ‘Mooier as Mooi’, met Petronel Baard en Wouter van de Venter, word op Donderdag 28 Julie om 21:00 by die eetplek At Ease in Hoofstraat 191 (langs Zomerlust), Paarl, aangebied.
Hy sê: “Daar is min dinge wat my so inspireer soos mooi goed - ’n mooi sonskyndag, ’n goeie wen deur die springbokke, ’n mooi liedjie wat op die radio speel.
“Aan die ander kant is daar ’n ma wat haar tien kinders in die apartheidsjare vanaf die Kaapse flats op haar eie deur die skool gesit het. Twee mense wat op vyftig eerste liefde vind nou dit is: Mooier as mooi!”
Petronel en Wouter is albei gevestigde kunstenaars wat jou asem sal wegslaan en ’n glimlag so groot soos ’n sekelmaan op jou gesig sal sit.
Die show kos R60 per persoon en daar is ook ’n klein menu met sop, kerrie en rys, en lasagne wat bedien word voor die show begin. Kontantkroeg ook beskikbaar.
Besprekings word gedoen by 083-638-9809 (Theresa) of by At Ease 872-2781 (na 16:00).
More
News
|