Vrywilligers gesoek
2008-10-23
KINDERSORG SA, Paarl, is op soek na vrywilligers in die gemeenskap om op te lei as beraders met gesinsgeweld. Die doel van die projek is om vrywilligers op te lei en toe te rus met die nodige kennis ten opsigte van die voorkoms en oorsake van gesinsgeweld, asook moontlike optrede ter beskerming van die slagoffers. Dié opleiding sal oor ’n tydperk van ’n week geskied. Vrywilligers sal opgelei word vanaf 27 tot 31 Oktober saans om 19:00 by die Drakenstein Bewaarskool in Mackierstraat, PaarlOos. Vrywilligers moet bespreek by 021-862-6182 of 078-508-0794.
More
News
|