Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom geniet die Kersmark

Kom geniet die Kersmark
 
2008-10-23


DIE vierde jaarlikse Franschhoek Kersmark is weer op hande vanaf Vrydag 31 Oktober tot Saterdag 8 November by die NG Kerksaal.

Die mark sal elke dag vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees (behalwe Sondag 2 November).

Uitstallers van oor die hele Wes-Kaap gaan vanjaar hulle handgemaakte produkte aanbied.

Kom beleef ’n unieke inkope-geleentheid, met geskenke van tuinmeubels vir Barbie, Afrika-speletjies en sjokolade vir die soettand tot fynproewergeskenke vir fynproewersmaak.

Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees. Kom spandeer die dag in pragtige Franschhoek en geniet ligte etes en iets te drinke in die teetuin.

Daar is gratis parkering onder koeltebome beskikbaar.

Die wins van hierdie jaar se Kersmark gaan aan die plaaslike tehuis vir bejaardes, Fleur de Lis.

Vir meer inligting, kontak Amelia by 072­254-7722 of stuur ’n e-pos na amelia.schwenke@gmail.com.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za