Kunskalender
2008-10-23
* KAMERKONSERT. ’n Kultuurtoergroep van Hoërskool La Rochelle besoek Oos-Europa volgende jaar en as fondsinsameling vind daar ’n Kultuuraand plaas vanaand om 19:00 by die skool. Kaartjies is R30 en by die skool beskikbaar
* SANG. DIE sanger Steve Hofmeyr tree vanaand om 20:00 op in die Stellenbosse stadsaal. Die konsert is gereël om fondse in te samel vir die kinders met kanker by Tygerberg Hospitaal (saal G3). Kaartjies kos R140 (R50 op die galery). Skakel Gerty Munro vir kaartjies by 021- 876-3012.
* TUIN BESOEK. Op Saterdag en Sondag sal die pragtuin van Tokara op die kruin van die Helshoogtepas van 09:00 tot 17:00 oop wees vir die publiek. Toegang is R30. Daar sal verversings te koop wees, maar die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring. Die tuin word oopgestel ten bate van Stellenbosch Animals in Need Trust (SAINT).
* LIVE BAND. Local singer Loren Erasmus will perform with a live band at Hot Berry Café in Paarl on 1 November at 20:00. Entry is R50. Call 072-760-6389 or 083-414-7530.
* TAALMONUMENT. Die Taalmonument op Paarlberg sal gedurende die somerseisoen, tot 30 April, daagliks vanaf 08:00 tot 20:00 oop wees vir besoekers. Die nuwe restaurant by die Taalmonument, Uit die Bloute, sal egter slegs tot 20:00 oop wees. Skakel 021-872-3441. Skakel restaurant by 021-863-2800.
More
News
|