Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duathlon kroon wink vir Paarliet

Duathlon kroon wink vir Paarliet
 
2005-07-21


DIE Paarliet Enrico Plaatjies was vierde by die onlangse SA Duathlon Kampioenskappe in Klerksdorp.

Vanjaar is die eerste keer dat Plaatjies aan dié sportsoort deelneem.
Hy was voorheen ’n kranige middelafstand-atleet en was al telkens die Boland en WP kampioen in die 800m en 1500m.

Nog ’n Paarliet, Martie Stoumann, het hom egter aan duathlon bekend gestel en sommer vinnig het hy ook hierin begin uitblink.

Tydens die SA kampioenskappe het Plaatjies sy eerste hardloopskof oor 10km in 33 minute afgelê.

Die fietsry-skof oor 40km het hy in een uur 12 minute voltooi en die laaste hardloop-sessie oor 5km in 17 minute klaargemaak.

Hy is dan ook saam met Stoumann in die SA Duathlon-span opgeneem wat van 17 tot 28 September aan die wêreldkampioenskappe in Australië gaan deelneem. Plaatjies sal in die ouderdomsgroep 20-24jaar deelneem.

Die toerkoste beloop R20 000 en enige instansie of besigheid wat Plaatjies wil borg, kan hom skakel by 872-2251 of 072-383-8801.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za