Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong band maak musiek in teater

Jong band maak musiek in teater
 
2008-10-23


DIE splinternuwe, jong band, The Stilettoes, tree vir die eerste keer Donderdag 30 Oktober om 19:30 by die Ou Meul­teater in die Paarl op.

Hierdie oorspronklike band bestaan uit ’n groep van vier lede Chrismy Banda (trom­me), Emsie Jordaan (kitaar en sing), Luca Hart (viool en sing) en Daniël Meyer (klavier).

Die jong musikante kom uit die Hoër Jongenskool Paarl sowel as die Hoërskool La Rochelle. Die groep het begin toe twee mede-musiekmakers in al hulle moontlike vrye tyd net saam gejam het, en het vinnig twee ander betrek.

Hulle is amptelik nog net drie maande saam, maar het ’n volledige repertoire wat hulle gaan aanbied.

Hulle musiek wissel van klassiek tot rock en van bekende treffers tot hul eie komposisies.

Jongmense sowel as hul ouers word uitgenooi om die aand van vars, unieke en meevoerende musiek te geniet.

Dit sal jou met ’n glimlag op die gesig laat en ’n deuntjie in die kop.

Kaartjies teen R30 is beskikbaar by die deur.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za