Verskeie kunstenaars by dié konsert
2008-10-23
'n MUSIEKKONSERT met verskeie kunstenaars word Woensdag 5 November om 19:30 in die Goodnow-saal op Wellington aangebied. Die kunstenaars wat gaan optree, is sangers Lize-lotte Costandius (begelei deur Louis Verwey),en Nicodémus Olivier, asook die Duitse Mannekoor en die Herfsvreugde- koor. Die klavierstudente wat in die voorprogram optree, is Joané Moore, Melissa Hovstadt en Christie Droomer. Kaartjies (R70) sal by die deur te koop wees en sluit verversings in. Vir meer inligting, skakel Lize-lotte by 021-873-1272.
More
News
|