Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ryers beïndruk by Van Enter-kompetisie

Ryers beïndruk by Van Enter-kompetisie
 
2005-07-21


DIE plaaslike fietsryers het weer gewys hoekom Paarl die Mekka van jeugfietsry in Suid-Afrika is, ná goeie vertonings tydens vanjaar se Eric van Enter Skolefietsrykampioenskappe.

Reginald Benjamin van Rhadsport Fietsryklub het tydens dié kompetisie vir die grootste verrassing gesorg toe hy in die hoofitem, ’n padwedren oor 100km, die junior-afdeling gewen het.

In dieselfde wedren was Martin Malan van Paarl Fietsryklub in die vyfde plek. Malan het ook tweede gekom in die 1km heuwelklim.

Magdalene Nicholson van Yorkshire het in die junior vroue-wedren vierde gekom en ook die vroue-afdeling by kermesse oorheers.

Clint Hendricks (Rhadsport) was ook vierde in die o.14-afdeling van die padwedren terwyl hy die naaswenner was in die kermesse-wedren.

As daar in ag geneem word dat dit die jong ryer se eerste jaar van kompeterende fietsry is, wag daar nog ’n groot toekoms op hom.

Paarl Fietsryklub se Marius Bester het tweede gekom in die o.16-afdeling van die kermesse-wedren.

Die kermesse het egter op ’n lae noot geëindig vir die junior Boland-mansryers. Beide Ivano Siebrits en Reginald Benjamin het 800m van die wenstreep hard met Moeder Aarde kennis gemaak, nadat ’n ryer van die Suid-Kaap voor hulle geval het.

Albei ryers was in ’n gunstige posisie vir ’n plek op die podium, danksy goeie taktiese ryery deur Bertram Siebrits.

Emile Jacobs, ook van Paarl Fietsryklub, was tweede in die heuwelklim en tweede in die padwedren.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za