Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grypdief kom sy moses teë

Grypdief kom sy moses teë
 
2008-10-23

Lise Beyers

SKELMS teiken daagliks winkelgangers, maar die afgelope naweek het een van hulle sy rieme styfgeloop, toe hy deur taxibestuurders platgetrek is.

Saterdagoggend is ’n vrou se handsak buite die Hungry Lion by die Shoprite Sentrum in die Paarl deur ’n grypdief gesteel.

Hy het nog gedink dat sy buit veilig is, toe hy in ’n muur van taxibestuurders vasgeloop het.

Hierdie groep het bewys dat hulle nie meer sulke optredes gaan duld nie, en die vermeende dief is daar en dan met ’n goeie loesing beloon.

’n Sekuriteitsbeampte, Clifton Benjamin, het tot die man se redding gekom, en die bebloede grypdief is summier na die sekuriteitskantoor geneem.

Die polisie is in kennis gestel en hulle het die verdagte weggeneem.

Behalwe vir grypdiewe wat dikwels doenig is, is ’n ander plaag wat winkeleienaars met hul hande in die hare laat, die toename in winkeldiefstal.

In die Paarl middedorp gaan dit veral woes.

Die bestuurder van ’n klerewinkel vertel dat slinkse diewe selfs handeviervoet die winkel binnekom, ’n paar items klere gryp, en dan weer soos ’n skaap daar uitkruip.

“Behalwe dit, het ons veral probleme met hierdie diewe wat klere gaan aanpas, en dan wegkom met verskeie kledingstukke.

“Veral kleiner kledingstukke word sommer net so onder hul klere ingedruk.”

Grypdiewe in supermarkte staan nou al bekend as knypdiewe.

“Vleis, eiers, brood, melk en nog baie meer word tussen vrouens se bene vasgeknyp.

“Dit is ’n baie slinkse manier, want wanneer die dief besef dat hulle in die moeilikheid gaan kom, laat val hulle eenvoudig die goedere, en die gereg kan dan niks aan hulle doen nie.

“Bra’s is ook ’n gewilde plek om klein artikels te versteek.”

Maar talle winkeleienaars waarsku dat hulle deesdae baie paraat geraak het en herken nou al sekere diewe as hulle die winkel binnekom.

Hulle ken ook hul werkmetodes en personeellede is op hul hoede vir hul skelmstreke.

* A thief was caught redhanded and beaten up by members of the public after snatching a woman’s handbag at a shopping centre in Paarl.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za