Ma sterf nadat sy haar kop stamp
2008-10-23
’n FRATSONGELUK het gelei tot die dood van ’n enkelmoeder in Paarl-Oos. Maria Marquard (42) van Flamingostraat, Milky Town, is Saterdagaand tydens ’n stryery met een van haar broers gestamp. Hierna het sy grond toe geval en haar kop teen die muur gestamp. Sy is kort hierna aan ’n hoofbesering oorlede. Haar broer, Simon van Wyk, is in hegtenis geneem in verband met die voorval. Nadat hy Maandag in die Paarl Landdroshof op aanklag van moord verskyn het, is hy op borgtog vrygelaat. ’n Polisiewoordvoerder het gesê dat die saak ondersoek word om vas te stel of die voorval werklik moord was, of dalk ’n fratsongeluk. Na hierdie voorval is Marquard se enigste kind, Charles (12), nou wees gelaat. Hy sal in die sorg van haar ander broer, Reginald van Wyk, en sy gesin gelaat word. Van Wyk se vrou, Sanna, het gesê dat dit ’n tragiese geval is wat die gesin nou weer getref het. “Die Van Wyks het die afgelope jaar drie broers aan die dood afgestaan, en nou is hul enigste suster ook dood. “Charles is soos ons eie kind in die huis, en ons sal na die beste van ons vermoëns na hom kyk. “Ons beskou die voorval totaal en al as ’n fratsongeluk. Dit kon met enigiemand gebeur het.” * ’n Vrou is die afgelope naweek in Mbekweni in hegtenis geneem, ná die dood van ’n man. Tydens ’n stryery Saterdagaand, is Zwelikolile Mbutama in Dube met ’n mes doodgesteek tydens ’n stryery. Nyameka Faloti is in hegtenis geneem in verband met die voorval. * In Wellington is twee jeugdiges in hegtenis geneem, ná die moord op ’n vrou op Soetendal-plaas. Saterdagaand het die bestuurder van ’n voertuig die polisie ontbied, nadat hy oor ’n vrou wat in die pad gelê het gery het. Die polisie het eers ’n saak van strafbare manslag ondersoek, maar by nadere ondersoek is daar vasgestel dat Marjorie Fortuin eers dood gewurg is en daarna in die pad gelaat is. * A woman has died after being pushed by her brother, sustaining a serious head injury.
More
News
|