Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Puik optrede fnuik rowers

Puik optrede fnuik rowers
 
2008-10-23


GEWAPENDE ROWERS is gister vasgetrek weens die puik optrede van die Paarl polisie en 地 sekuriteitsmaatskappy, nadat duisende rande se selfone by 地 winkel in die Paarlse Hoofstraat gesteel is.

Kort na 11:00 het een man die MTN winkel binnegekom en voorgegee dat hy vir sy meisie 地 selfoon wou koop.

Die bestuurder van die winkel wat hom gehelp het, Suzette Germishuys, het onraad vermoed toe sy nog twee mans raaksien wat by die winkel wou inkom.

Sy het dadelik vir die ADT-sekuriteitsュmaatskappy geskakel sonder dat die mans daarvan bewus was, want sy het met 地 versteekte gehoorstuk gepraat.

Die mans het die personeel met vuurwapens gedreig en hulle is gedwing om al die selfone in die winkel te oorhandig.

Binne enkele minute was 地 reaksievoertuig van ADT egter op die toneel, en die diewe het die hasepad gekies.

地 Flukse sekuriteitswag, Shaun Laksman, het een van die mans op die toneel vasgetrek, maar sy makkers het gevlug in 地 wit VW Polo met 地 Gautengse registrasienommer.

Die polisie was kort op die hakke van ADT op die toneel, en 地 reuse soektog is gelas na die voortvlugtiges.

Speurders kapt Graham Adams en insp Karel Rossouw was in die omgewing van Pniel op 地 ondersoek, toe hulle die oproep ontvang het oor die voortvlugtiges.

Hulle het die verdagte voertuig opgelet, en dit is van die pad afgetrek by Helshoogte. Verskeie vuurwapens, asook al die gesteelde selfone, is teruggevind.

* Three armed robbers have been arrested after a robbery at a cellphone shop in Central Paarl.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za