Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vonke gaan spat

Vonke gaan spat
 
2008-10-23

May Saal

DIE verdeeldheid in die ANC kan veroorsaak dat dié party sy meerderheid volgende week by die raadsvergadering sal inboet.

Die vonke gaan spat by die volgende vergadering van die Drakenstein Munisipale Raad nadat ses ANC raadslede hulle by die opposisiepartye (DA, ID, WCC en ACDP) geskaar het en saam met hulle ’n mosie van wantroue ingedien het teen die heersende ANC-ampsdra­ers.

Sou die mosie aanvaar word, kan dit beteken dat die ANC sy beheer oor die Raad verloor. Die Raad moet binne sewe dae sit ná so ’n mosie.

In die mosie word versoek dat die Speaker, Sikhumbuzo Mgajo, die Burgemeester, Charmaine Manuel, en die Onderburgemeester, Wilhelm Nothnagel, van hul ampte onthef word en dat nuwe ampsdraers verkies moet word.

Volgens die mosie geniet die huidige burgemeester en burgemeesterskomitee nie meer die steun en vertroue van die meerderheid van die raadslede van Drakenstein nie.

Die ses afvallige ANC raadslede is almal direk verkose wyksraadslede.

Hulle is Dan Kotze (wyksraadslid in Saron en voormalige voorsitter van die ANC in die Boland), en wyksraadslede Van der Berg Pienaar, Frans Koopman, Claud Julies, Spasie Kika en Colin van der Westhuizen.

Dié ses steun glo die ANC-wegbrekers onder leiding van Terror Lekota en is in onguns by hul party.

Sou hierdie ses teen die ANC stem by volgende week se raadsvergadering, sal die ANC die beheer oor die Raad verloor en ’n nuwe burgemeester en uitvoerende komitee sal aangewys word.

Die ANC het tans net-net ’n meerderheid van 31 in die stadsraad van 61 lede.

Die opposisie bestaan tans uit die DA (19), ID (3), WCC (2), ACDP (1) en VF+ (1). Daar is ook drie NPP-lede wat die ANC steun.

Sou die ANC die ses rebelse raadslede skors, sal tussenverkiesings gehou moet word, wat die ANC in elk geval die meerderheidsteun in die Raad kan kos.

* Six rebel ANC councillors support a vote of no confidence in the Drakenstein mayoral council, which is to be tabled next week by the opposition. This could lead to a power shift and the election of a new mayor and mayoral committee.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za