Boland se naasbestes gee SWD gas
2005-07-21
IN ’n ietwat lustelose wedstryd het die Boland Amateurspan hul bure van SWD Saterdag op Wellington 35-26 geklop in ’n voorwedstryd vir die Kavaliers en OP Curriebeker-kragmeting.
Die tuisspan het voorlangs die hef stewig in die hand gehad, waar die ysterstut, Janroux van Niekerk, tot en met sy besering die Suid-Kapenaars in die vasteskrums verwoes het.
Dit het die geleentheid geskep vir Pieter Wium en veral Frankie Horne (flank) om met goeie lopies ver ente veld te wen.
Agterlangs was die senter, Anlo Swart, goud werd vir sy span veral met sy dodelike verdediging.
Die besoekers het soms met negatiewe rugby die spel probeer vertraag. Tog het Johan Snyman met sy giftige skopvoet die SWD voortdurend in die prentjie probeer hou.
More
News
|