Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gholfklub vier 100 jaar

Gholfklub vier 100 jaar
 
2008-10-30

Johan Nel

DIE Wellington Gholfklub vier vanjaar sy eeufees en om die prestasie te vier het die klub besluit om vier nuwe setperke op sy baan van nege putjies in gebruik te stel.

Die klub is in 1908 onder leiding van Louis Abrahamson gestig. Die eerste baan was op die dorpsmeent onderkant die stasie en op weiveld op Abrahamson se plaas Olijvenhout aangelê.

Gedeeltes van die nuwe baan is egter so dikwels deur die Bergrivier oorstroom dat die baan in 1910 na sy huidige posisie nader na die treinspoor geskuif moes word. Die huidige baan en klubhuis is op 22 April 1911 in gebruik geneem.

Volgens Ferrus Tereblanche, president van die klub, het dit broekskeur gegaan om genoeg geld bymekaar te skraap om dié duur vernuwingsprojek aan te pak.

Die spesiale gras op die setperke groei egter sterk en al vier die perke is reeds in volle gebruik. Daar is ook veranderinge en verbeterings die afgelope tyd aan die klubhuis aangebring.

“Die klub doen baie moeite om junior gholf te bevorder en werk daarom ten nouste saam met die Bolandse gholf-unie in verskeie programme om gholf by skole aan te moedig,” sê Terblanche.

Een van die klub se jong lede, Leanne Pace, is die produk van so ’n junior program. Sy is tans ’n lid van die Europese beroepstoer vir dames.

’n Ander lid, Mark Mahoney, is deesdae ’n bekende amateurspeler wat reeds Boland verteenwoordig het, asook Trevor Mahony, ’n jong lid van die klub wat tans ingeskakel is by die Ernie Els-stigting.

“Om ons baan behoorlik in stand te hou en om goeie fasiliteite aan lede te bied, vra baie geld. Ons klub streef nou reeds die afgelope 100 jaar daarna om hierdie puik fasiliteite so bekostigbaar as moontlik aan al ons lede, maar veral aan ons junior lede, te bied,” aldus Tereblanche.

Alle lede van die Wellingtonse gholfklub kan volgens Terreblanche teen ’n minimumfooi van die klub se dienste gebruik maak




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za