‘Swing’ by skool se debutantebal
2008-10-30
OP Vrydag 7 November hou New Orleans Primęr ’n debutantebal by Allandale Korrektiewe dienste-saal om 18:00. Die musiek sal deur die groep “Swinging Matadors verskaf word. Na afloop van die prystrekking sal deelnemende leerders onthaal word, hul danspassies uitvoer en om 20:00 huis toe vergesel word. Daarna sal ’n driegang-maaltyd, tafelwyn en versnaperinge op die tafels wees vir volwassenes. Ander drinkgoed moet self gebring word. Kontak die skool by 021-8620420 vir kaartjies teen R80 per persoon.
More
News
|