Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl verniel Tiere

Paarl verniel Tiere
 
2008-10-30


DIE tuisspan, Paarl, het Saterdag eerste gekolf, en 122/4 lopies behaal tydens ’n titaniese 20/20 derby-wedstryd teen Young Peoples, wat op die Parys-velde beslis is.

Paarl was vroeg reedsin die moeilikheid met die telling op 16/3 in die vyfde boulbeurt. Die verlies van nóg ’n paaltjie, met 35 lopies op die telbord, het egter vir Lynal Jansen en Carlo Crotz bymekaargebring, en saam het hulle verhoed dat Paarl se bootjie sink.

Jansen (65*, 6x4 en 2x6) en Crotz (32*, 1x4) het met ’n onoorwonne vennootskap van 87 lopies gesorg dat Paarl uiteindelik 122 lopies behaal.

Vir Peoples het C Daniels (2/10) goed geboul.

Peoples se Cobra-speler, Brandon Adams, is in die eerste boulbeurt van Peoples se kolfbeurt deur Ultalyn Ernstzen uitgehaal. Die Proteaspeler, Justin Ontong, en H Baron het egter gesorg vir ’n vennootskap van 44 lopies, voordat Ontong (20, 2x4) sy paaltjie verloor het. Hierna het die paaltjies met reëlmaat begin kantel en die besoekers kon slegs ’n verdere 24 lopies, vir agt paaltjies, behaal.

Baron is uitgehaal met sy telling op 29 (3x4). Die res van die kolwers kon nie een meer as 10 lopies behaal nie.

Janssen (2/11), Hein Adonis (2/12) en Michael Leask (2/2) se boulwerk het die Tiere se sterte geknoop. Paarl wen dus met 52 lopies.

Paarl II (94/6) het, op sy beurt, met vier paaltjies geseëvier teen Young Peoples II (93/9).

Paarl se Alan Alexander (4/19) en Wiaan Vermeulen (2/9) het goed geboul. R Damonse (18, 1x4) en LJ Julies (19, 3x4) was die beste kolwers.

Paarl II se oorwinning is egter te danke aan ’n onoorwonne 37 lopies om die sewende paaltjie tussen Alexander (20*, 3x4) en Rohan Goetham (16*, 1x4). Vroeër het Darryl Hendricks (16, 2x4) ook lopies behaal.

R Davids (2/5) was die besoekers se beste bouler.

Paarl III (136/3) het die knie gebuig teen Northdene II (145/4), met 9 lopies, op Kraaifontein.

* Saterdag speel Paarl I en II op die Parys-velde teen Paarl-Oos. Wedstryde begin om 10:30. Paarl IV speel Saterdag en Sondag weg teen Oostelikes III en Van Der Stel III.

Alle spelers van Paarl moet die oefeninge by die Parys-velde, om 17:00, bywoon. Nuwe spelers is welkom.

Saterdag verkoop die klub “Steak Platter” vanaf 15:00 (R40). Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede.

* Saterdag speel Peoples I weg teen Bergrivier in die 45-boulbeurt kompetisie. Peoples II speel tuis teen Bergrivier II en Peoples III speel in ’n Pro 20 wedstryd teen Wellington III, op Daljosafat.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za