Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Old Boys Interskole brei uit

Old Boys Interskole brei uit
 
2005-07-21


DIE groot getal ondersteuners wat die oudstudentewedstryde van Paarl Gim en Hoër Jongenskool Paarl verlede jaar getrek het, het die organiseerders genoop om vanjaar die geriewe verder te vergroot.

Die twee wedstryde tussen die skole se Golden Oldies en Old Boys spanne is verlede jaar van die Faurestraat Stadion na Boishaai se Brugstraatvelde verskuif.

HJS se klubhuis kon egter nie al die ondersteuners akkommodeer nie, en vanjaar is daar dus ’n markiestent aangebring wat met lewendige musiek die mense sal vermaak.

Heelwat oud-Springbokke en oud-WP-spelers sal die geleentheid bywoon.

Genooides is John Gainsford, Theuns Briers, Hugo van Zyl, Tiny Neethling, Oelie de Kock, André de Villiers, Ryk van Schoor, Groot Schalk Burger en Corné Krige.

Die wedstryd tussen die Golden Oldies skop om 19:15 af, met die Old Boys-wedstryd wat om 20:15 volg.

Kroeggeriewe in die tent en klubhuis is beskikbaar en braai-etes sal te koop wees. Toegang is gratis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za