Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meer soet as suur vir Kavaliers

Meer soet as suur vir Kavaliers
 
2008-10-30

Jaco van Wyk

DIE Kavaliers se effense skok-nederlaag teen die Griffons op Welkom kon nie beter opgesom word nie as in die woorde van Boland se hoofafrigter, Deon Davids.

“Dit laat ’n bittersoet smaak in my mond,” was die woorde van die breier wat verwys het na die feit dat sy span wél volgende jaar in die Curriebeker-kompetisie gaan speel, ondanks die feit dat hulle Vrydagmiddag met 50-42 vasgeval het in die tweede promosie/relegasiewedstryd tussen dié twee spanne.

Was dit egter nie vir die 54-15 slagting van die Griffons twee weke gelede op Boland-sta- dion nie, kon sake anders gelyk het vir die Wynboere.

Die Kavaliers het Vrydag se wedstryd met ’n harde slag afgeskop deur sommer binne die eerste minuut ’n drie, deur Bradley Mockford, te behaal. Tien minute later het die Griffons sake gelyk gemaak toe Darryl Coeries agter die kalklyn gaan kuier het.

Boland het twee minute later weer teruggeantwoord met ’n drie deur Angelo Brinkhuysen, waarna Juan de Wit die Griffons se tweede drie gedruk het.

Met die twee spanne wat gaan rus het met die telling op 19-14 in die Griffons se guns, was dit in die tweede helfte wat die wedstryd behoorlik losgetorring het.

Of dit die Kavaliers is wat op hul louere gaan rus het met die wete dat hulle weer volgende jaar Curriebeker-rugby gaan speel, en of dit bloot die Griffons was wat dié keer op die voorvoet was weens die Bolanders se swakker skrumwerk, is debatteerbaar.

Die spanne het egter behoorlik wipplank gery in die tweede helfte en bewys dat hulle weet hoe om die toeskouers te trakteer met hardlooprugby.

Op die ou einde het Boland te veel hanteerfoute gemaak om dié wedstryd te wen. Ten minste is Curriebeker-rugby steeds die Wellingtonners se voorland.

Volgens Davids is hy bly dat sy span volgende seisoen steeds in die Curriebeker kan diens doen, maar sal hy nooit tevrede wees as sy span verloor nie.

“Ek sal nooit in my lewe middelmatigheid aanvaar nie en ons vertonings vanjaar is beslis nie ’n refleksie van waarnatoe ons (die Kavaliers) wil beweeg nie.

“Ek is egter bly, want ondanks die lang seisoen het die ouens steeds met passie gespeel.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za