Lig vir alle depressie-vegters
2008-10-30
TWEE gebore oud-Paarliete, die joernalis en skrywer Jeanne Els en die sakevrou en kampioen-perderuiter Liesbeth Kretschmer, praat Woensdagaand 12 November by ’n gratis treffergeleentheid in die Paarl oor hul positiewe, kreatiewe lewe saam met depressie. Jeanne, ‘n oud-leerling van Hoër Meisieskool, is die skrywer van die topverkoperboek Ligdans – Depressie-vegters se verhale van hoop (uitgegee deur Lux Verbi-BM.) en sy Engelse weergawe, Towards the light - Hope in the face of depression. Hierin vertel sy haar eerlike verhaal van depressie en hoe sy geleer het om daarmee saam te leef, asook die donker- en-lig-verhale van nog sestien Suid- Afrikaanse depressie-vegters, onder wie Liesbeth, David Kramer, Danie Niehaus en Amanda Strydom. Die boek is sedert sy verskyning middel vanjaar reeds in sy derde druk. Opvoedkundige en radioman Johan van Lill lei die gesprek van een uur met Jeanne en Liesbeth en daar sal vraetyd wees en ’n geleentheid om die deelnemers beter te leer ken. Die boeke sal ook te koop wees. Die geleentheid vind plaas in die WH Louw-funksielokaal van Die Hoogte- herehuis (oorkant die KWV-hoofkan- oor) te Hoofstraat 34. Hoewel gratis, is bespreking teen 5 November by mariette@luxverbibm.co. za of 021-864-8273 noodsaaklik, aangesien plek beperk is.
More
News
|