Geniet Kersmark dié naweek
2008-10-30
DIE vierde jaarlikse Franschhoek Kersmark is weer op hande vanaf môre tot Saterdag 8 November by die NG Kerksaal. Die mark sal elke dag vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees (behalwe Sondag). Uitstallers van oor die hele Wes-Kaap gaan vanjaar hulle handgemaakte produkte aanbied. Kom beleef ’n unieke inkopegeleentheid, met geskenke van tuinmeubels vir Barbie, Afrikaspeletjies en sjokolade vir die soettand tot fynproewergeskenke vir fynproewersmaak. Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees. Kom spandeer die dag in pragtige Franschhoek en geniet ligte etes en iets te drinke in die teetuin. Daar is gratis parkering onder koeltebome beskikbaar. Die wins van hierdie jaar se Kersmark gaan aan die plaaslike tehuis vir bejaardes, Fleur de Lis. Vir meer inligting, kontak Amelia by 072254-7722 of stuur ’n e-pos na amelia.schwenke@gmail.com
More
News
|