Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toekenning met wingerdstokkke

Toekenning met wingerdstokkke
 
2008-10-30


’n BOER van Wellington, Jannie Bosman van Lelienfontein en die JC Bosman Boerdery Groep, is verlede week deur die Suid­Afrikaanse Landbouskrywers as die Wes-Kaap se Boer van die Jaar aangewys.

In November gaan hy dit met die ander provinsiale wenners uitspook om die nasionale kroon. Die aanwysing gaan op Stellenbosch plaasvind.

Jannie laat hom nie sommer deur veranderinge en nuwe eise afskrik nie. Hy sien menspotensiaal raak en ontwikkel dit dan. Daarom dat hy altesaam 251 werkers op sy verskeie plase in diens het en altesaam 120 huisgesinne in hulle eie huise, met alle geriewe, huisves.

Die plaas het ook ’n busdiens wat die kinders skool toe vervoer.

’n Werkerskomitee bestaan al 13 jaar op die plaas. Die huidige voorsitter, Klaas Morkel, is ook al as plaaswerker van die jaar aangewys.

Die onderneming het ’n spesiale Rudnettoekenning ontvang vir sy bydrae tot swart ekonomiese bemagtiging en die aftree-oord vir voormalige werkers het ook al groot lof ontvang

Die boerdery op Wellington bestaan uit nege plase in die Bovlei area waar daar hoofsaaklik met wingerd en stokkies geboer word. Op die grond teen die Bergrivier word daar met wyndruiwe en wingerdonderstamme geboer.

Jannie het in 1985 by sy pa, Petrus Bosman, oorgeneem en lewer jaarliks ’n produksie van meer as 7 miljoen wingerdplante.

Lelienfonteinwingerdkwekers word vandag beskou as die grootste stokkieskwekerye in Suid-Afrika en waarskyn- lik ook op die Afrika vasteland.

“Suksesvolle wingerdverbouing is ’n produk van die beste gehalte wingerdstokke. Elke seisoen word meer as 200 verskillende kombinasies geënt.”

’n Klonetuin in die skilderagtige Hemel-en-Aarde vallei tussen Hermanus en Caledon is ook een van Lelienfontein se groot bates. Dié gesamentlike vennootskaps-ooreenkoms met Vititec gee aan Lelienfontein-wingerdkwekers ’n mededing- ende voordeel en toegang tot nuwe klone en plantmateriaal.

“My werkers maak ’n belangrike deel uit van dié boerdery. Meganisasie word tot die minimum beperk, daarom so dat die 120 werkers-gesinne deel van dié onderneming is,” sê Bosman.

Sedert 2007, byna ’n halfeeu nadat die Bosman-familie nie wyn gemaak het nie, is die oorspronklike kelder opgeknap met van die beste en mees moderne toerusting en word dié passie weer uitgeleef.

Net die room van die oes word uitgesoek om onder hul eie etiket, Bosman Family Vineyards, gebottel te word. Dit is gemik op Cabernet Sauvignon, ’n wyn met ikoonstatus.

Jannie, die sewende geslag op Lelienfontein, is gek oor jag en visvang, maar sê sy eintlike stokperdjie is die boerdery. Jannie se drie seuns, Petrus, PD en Jannie, is ook al sterk op die plaas betrokke. Bosman en sy vrou Twinkle, wat al 29 jaar getroud is, het ook ’n dogter, Tonia.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za