Gimnasium floreer op atletiekbaan
2008-10-30
DIE agtste interskole atletiekbyeenkoms, tussen Hoër Jongenskool, Hoërskool Gimnasium, Hoër Landbouskool Boland, Hoër Meisieskool en La Rochelle, het verlede Woensdag plaasgevind op Brugstraat. Na afloop van ’n dag propvol opwindende atletiek, het Gim weggestap met die bekers in die dogters o.14-, dogters o.17, seuns o.14 en die seuns o.15, ouderdomsgroepe. La Rochelle het die dogters o.15 beker gewen en HJS het die seuns o.17 beker gewen. Die beste seunsprestasie van die aand is deur Jan-Louw Kotzé van Paarl Gim behaal met ’n afstand van 53,10m in die seuns o.14 skyfwerp (1450 punte). Die beste dogtersprestasie van die aand was ook deur ’n Gimmie behaal met Wilmé van Zyl wat die dogters o.14 spiesgooi gewen het met ’n afstand van 34,04m (948 punte). Aan die einde van die aand het die dogterspan van Gim die wisseltrofee met 278,5 punte gewen, gevolg deur La Rochelle in die tweede plek (258,5) en HMS derde (214). Gim se seunspan het ook as wenners uit die stryd getree met 323 punte. Verlede jaar se wenners, Boishaai, was met ’n kortkop tweede (305), gevolg deur Landbouskool (205).
More
News
|