Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HJS klop Hugenote; Gim troef Landbou

HJS klop Hugenote; Gim troef Landbou
 
2008-10-30

Jaco van Wyk

DIE Hoër Jongenskool het Saterdag se kragmeting teen Hoërskool Hugenote met 10 paaltjies gewen, danksy ’n skitterende 74 lopies deur C Smith, en puik boulwerk deur C Brockman (24/4).

Vir Boishaai het M Kotze (14) ook bygedra tot sy span se totaal van 92 lopies. P Stofberg (22/3) het saam met Brockman hul opponente uitgehaal vir 88 lopies.

HJS se o.14A’s (151) het ook klaargespeel met Hugenote se o.14A’s (109) deur laasgenoemde met 42 lopies te klop. JL du Plessis (68) was die Boishaaiers se beste kolwer.

* Hoërskool Gimnasium het 235/9 aangeteken, in 50 boulbeurte, om vir Hoër Landbouskool Boland (210/9) te klop.

Stefan Kotze was die Gimmies se groot held met 142 lopies, terwyl Niel Kemp (38) hom goed bygestaan het.

Gim se beste bouler was Herman Redelinghuys met 3/26 in 10 boulbeurte. Stefan Kotze (2/32 in 10 boulbeurte) en Christopher Bosch (2/43 in 10 boulbeurte) het ook goed geboul.

Gim se o.19B’s (102) het die knie gebuig met 116 lopies teen Landbou se o.19B’s (218).

Gim se o.14B’s het met 4 paaltjies geseëvier teen Landbou se o.14B’s, terwyl die o.14A’s vasgeval het teen Landbou se o.14A’s.

Gim se o.19A’s het ook onlangs te staan gekom teen die Walliese toerspan, Gorseinon College, en met 94 lopies koning gekraai.

Gim se beste boulers was Petrie Muller (2/4), JC Erasmus (2/9) en Stefan Kotze (2/15).

Die Gimmies wat die beste met die kolf vertoon het, was John-Henry Collins (36*), Niel Kemp (35), Erik van der Merwe (33) en JC Erasmus (32).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za