Boek geloods by die monument
2008-10-30
DIE bekende plaaslike storieverteller Johan Bakkes, se nuutste boek, Norrevok, word Woensdagaand bekend gestel by die Taalmonument. Hierdie nuutste bundel vol kortverhale van Bakkes se omswerwinge, beloof om weereens vir die leser te laat peins oor die lewe, sowel as skaterlag. Die aand skop om 18:00 af en die bekende akteur Paul Eilers sal vir die geleentheid ’n paar stories voorlees. Diegene wat belang stel om ’n maaltyd hier te geniet, kan ’n ‘ordentlike’ bord kos bestel teen R80 per persoon, of ’n piekniekmandjie vir twee teen R80. Diegene wat belang stel om die bekendstelling by te woon kan vir Bakkes kontak by 082-781-4928 of jbakkes@uwc.ac.za Diegene wat kos wil bestel moet vir Lize Erasmus skakel by 021-863-2800 of 082-378- 1213. Besprekings is noodsaaklik.
More
News
|