Ons lewer 'n diens by radiostasie
2008-10-30
GRAAG reageer ek op die brief, “Radiostasie sonder Oemf”. Die radio-aanbieders, van wie ek een is, werk sonder enige vergoeding en lewer gemeenskapsdiens aan ons luisteraars by Radio KC. Met trots kan ek sê dat my program nou vier jaar en vier maande oud is, en my luisteraars sien nie uit na die dag dat ek my program gaan beëindig nie. Ek beskik oor SMSe van luisteraars wat ontsettende baat vind by my program, en ek skryf dit toe aan my navorsing, entoesiasme en toegewydheid as berader. Wat die taal betref, moet ek toegee dit moet aandag geniet en omroepers kan meer professioneel optree. Die asemhaling moet beheer word en daar moet nie rondgetas word na woorde nie. Soos wat ek trots is op Radio KC, net so trots moet elke luisteraar ook wees en nie mekaar afkraak nie. Dr Dirkie van Schalkwyk
More
News
|