Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tienerseun gedood

Tienerseun gedood
 
2005-07-28


’n HUISGESIN is in rou gedompel in Klapmuts ná die moord Vrydagnag van ’n tienerseun.

Twee buurkinders, Denise Fortuin en Nigel Frieslaar, altwee 19 jaar oud en van die plaas Weltevrede, het die aand om middernag tuisgekom nadat hulle saam gekuier het.

’n Argument het ontstaan oor waar Nigel sou slaap. ’n Mes is van die kombuistafel geneem en Nigel is in die bors gesteek.

Denise het gaan slaap, glo onbewus van sy erge besering.
Huismense het die oggend om 04:00 op sy liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.

Denise sal in die Paarl Landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Franschhoek

* Inligting is skraps oor die mesmoord Vrydagnag van John Charles (in sy laat 40’s) van die Mooiwater woongebied in Franschhoek.

Insp Leon Boonzaaier versoek getuies om hom te skakel by 876-8066.

Dit is slegs bekend dat Charles die nag om 01:00 met ’n mes in die hart gesteek is in Bo-Leastraat, Mooiwater. Hy het glo ’n ent gestruikel en toe by die store in die straat dood neergeval.

* ’n Twaalfjarige seun het Saterdag op die berugte Hermonpad voor ’n motor gesterf.

Edroy Cloete het glo om 15:30 regoor Soetendalplaas voor ’n aankomende vragmotor oor die pad gehardloop.

Volgens polisie-ondersoekers het die seun nie die motor gesien wat
die groter vragmotor aan die verbysteek was nie. Hy het voor die motor beland.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za