Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kersfonds help gemeenskap

Kersfonds help gemeenskap
 
2008-10-30


DIE Laerskool Courtrai is die eerste skool wat vanjaar ’n skenking aan die Paarl Post Kersfonds oorhandig het. Die leerders het elk R2 betaal om gewone klere skool toe aan te trek, en so R907 ingesamel.

Die Paarl Post Kersfonds se opbrengs gaan jaarliks aan die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies en kleuterskole steun.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlike bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied (sowat R780 000 die afgelope jaar) en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2008 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek, is ACVV Paarl, Paarl-Vallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington, Andrew Murray Kinderhuis,

Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Nompumelelo, Kairos (Simondium), Rise & Shine, Little Stars en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan (steun jeugdige slagoffers van verkragting tydens hofsake), Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA.

Skenkings kan ook direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029 007 by FNB (taknommer 261150) en faks die strokie na 021-872-9280 (aandag Kersfonds).

* Aansoeke van welsynsorganisasies om volgende jaar by die Gemeenskapskas gelys te word, sluit 31 Oktober. Belangstellende organisasies kan vir Heindrich Zana kontak op 021-424-3344 vir meer besonderhede en aansoekvorms.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za