Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chaos op paaie

Chaos op paaie
 
2008-10-30


VERSKEIE padongelukke het reddingsdienste die afgelope naweek behoorlik aan die hardloop gehad.

Twee hiervan was in Klein Drakensteinweg, wat berug is vir spoedoortredings.

Twee motors is Vrydagaand hier in mekaar vas, toe een motor oor ’n stopstraat gery het in Klein Drakensteinweg in.

Sondagaand was daar weer chaos, toe ’n bakkie ’n voertuig probeer verbysteek het in dieselfde straat.

Hy het homself misgis, en is kop-aan-kop in ’n aankomende Toyota Corolla in.

Die Toyota het hierna buite beheer getol, en het deur ’n woning se buitemuur gebars.

Verskeie huiseienaars wat hier woon, het gesê dat hulle byna elke nag wakker geraas word deur motors wat hier jaag.

Een vrou het gesê dat dit hoog tyd is dat spoedwalle hier geplaas word, want die straat is byna soos ’n resiesbaan.

Saterdagaand was ’n motorfietsbestuurder gelukkig om met relatiewe ligte beserings daarvan af te kom, toe ’n motor in hom vasgery het in Jan van Riebeeck-rylaan.

Die ongeluk het plaasgevind toe die bestuurder van die motor vanaf Fairview- straat, Denneburg, in Jan van Riebeeck wou indraai.

’n Woordvoerder van die verkeersowerhede het gesê dat daar beslis ’n meer sigbare teenwoordigheid in die gebied gehandhaaf om ongelukke te probeer keer.

* Various road accidents caused havoc on local roads over the past weekend.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za