Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hospitaal tel spoed op

Hospitaal tel spoed op
 
2008-10-30

Lise Beyers

DIE opknapping en uitbreiding van die Paarl Hospitaal vorder flink, en na verwagting sal die vallei teen 2010 met die gevorderdste streekshospitaal in die Wes-Kaap spog.

Verlede week is plaaslike sakeleiers genooi om die byna voltooide nuwe vleuel te besoek, en hulle was duidelik beïndruk.

Hierdie projek, wat R225 miljoen beloop, sal plek maak vir 80 ekstra beddens, asook ’n nuwe buitepa- siënt-afdeling wat oor spesialiste, fisioterapeute, beroepsterapeute en tandheelkundiges sal beskik.

Paarl Hospitaal sal ook nuwe mediese toerusting ter waarde van R50 miljoen ontvang.

Tans is 605 mense werksaam by die hospitaal en dit sal styg na 800, wat 50 dokters en spesialiste insluit.

Naas Tygerberg en Groote Schuur Hospitale, sal Paarl Hospitaal die grootste hospitaal in die provinsie wees.

Die nuwe vleuel is hoogs modern afgerond en stylvol versier. Die hulp van ’n professionele binnehuisversierder is hiervoor gebruik om ’n vriendelike en rustige atmosfeer te skep vir pasiënte.

Paarl Hospitaal se superintendent, dr Breslau Kruger, loop skoon met ’n huppel in sy stap, so trots is hy op die vordering van die hospitaal.

“Die gemeenskap van die Paarl gaan hier net die beste mediese behandeling ontvang in ’n omgewing wat met die beste private hospitale kan vergelyk.

“Pasiënte wat spesialissorg benodig, sal nie meer Kaap toe moet gaan hiervoor nie. Hierdie dienste sal nou op hul drumpel wees.

“Ons wil juis wegkom van die stigma dat private hospitale beter is as ons. Ons het van die beste mediese personeel in die land, en ons staan ons man teen enige ander mediese instansie.

“Paarl Hospitaal sal waarlik ’n trots vir die hele gemeenskap wees.”

Na verwagting sal die moderne, nuwe vleuel teen die begin van volgende jaar heeltemal voltooi wees, waarna die huidige beddens daarheen oorskuif, sodat opknapping van die vyftigjarige gebou aangepak kan word. By voltooiing sal al die geboue by mekaar pas.

* The building work at Paarl Hospital is making headway.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za