Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skote klap in Chicago

Skote klap in Chicago
 
2008-10-30

Lise Beyers

GEMOEDERE loop tans hoog in Chicago, nadat bendegeweld weereens sy kop uitgesteek het, waartydens drie mense gekiet is.

Een van die slagoffers hiervan is ’n onskuldige vrou wat in die rug geskiet is tydens die kruisvuur van twee bendes in die gebied.

Die drama het Vrydagoggend reeds ontvou in Rietbokstraat, toe Gershwin Baardman in die rug en albei sy bene geskiet is, tydens ’n dwelmbelaaide onderonsie.

’n Reuse-soektog is deur die polisie geloods na twee voortvlugtiges, en Gregory Cook is later in hegtenis geneem. Nog ’n verdagte, Randy Cupido, is steeds op vrye voet.

Saterdagnag het die vonke weer begin spat, toe skote in die gebied begin klap het.

Dié keer het ’n vriend van die beseerde Baardman ’n lokval gestel op Cook se tweelingbroer, Lincoln Louw. Toe die skote begin klap het, is Louw in die bors getref, asook ’n vrou, Elwina Loff, wat in Springbokstraat gestap het.

Beide Louw en Loff is na die Paarl Hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie is steeds op soek na Cupido en Marco van Wyk. Enigiemand met inligting kan vir insp Gavin Lombaard skakel by 021­­871-1447. Alle inligting word hoogs vertroulik hanteer.

* In Fairyland, is ’n sestienjarige seun doodgesteek, ook in ’n vermeende bende verwante voorval.

Siphamandla Botya van Williamstraat, is na bewering deur ’n 18-jarige seun wat aan ’n ander bende behoort, met ’n mes gesteek.

Olvethu Ralushe is in hegtenis geneem in verband met die seun se dood.

Hierna het die gemeenskap opgevaar na die Paarl-Oos polisie­stasie, en aan­gedring dat Ralushe aan hulle oorhandig word, sodat hulle self vir hom kan straf. Na onderhandelinge met die polisie het hulle vreedsaam die polisiestasie se perseel verlaat.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za