Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moord van kind skok

Moord van kind skok
 
2008-10-30

Lise Beyers

DIE plaasgemeenskap van die Bovlei buite Wellington is vandeesweek geruk deur die grusame verkragting en moord van ’n vierjarige dogtertjie.

Die liggaam van Abranechia Pass, van ’n plaas in dié gebied, is Dinsdagoggend tussen riete in ’n plaasdam gevind, enkele meters van haar ouerhuis af.

Abranechia het die vorige aand spoorloos verdwyn, en na ’n soektog Maandagaand deur lede van die polisie en die gemeenskap, kon hulle haar steeds nie vind nie.

’n Kledingstuk van haar is dié aand wel naby die werkershuise gevind.

Die soektog is omstreeks 03:00 Dinsdagoggend afgelas, en sou enkele ure later met dagbreek weer hervat word.

Maar die liggaam van die klein Abranechia is met dagbreek deur ’n werker tussen die riete opgelet terwyl hy werk toe gestap het.

Die kind is klaarblyklik verkrag, voordat sy met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is.

Abranechia se ma het ineen gestort toe sy die nuus ontvang.

“Ek het Maandagaand gestaan en kos maak, toe my kind vir my kom sê het dat sy na haar pa toe gaan stap, wat hier naby by van ons bure gekuier het.

“Sy het egter nooit daar uitgekom nie. Sy het soos ’n groot speld verdwyn.

“Abranechia het nooit rondgeloop nie en het altyd vir my gesê as sy uit die huis uitgaan.”

Haar pa, Abraham Lucas, het gesê dat terwyl hy laat die middag met sy vriende gesit en gesels het, het ’n man van ’n buurplaas doelloos daar rondgedwaal.

Maar ’n buurvrou het gesê dat hierdie 23-jarige man nie ’n vreemdeling op die plaas is nie, en vir Abranechia en haar familie geken het.

“Ons het nog altyd geweet dat hy gemors is.”

Die man is vir ondervraging na die Wellington polisiestasie geneem, en verdere forensiese toetse word gedoen.

* A four-year-old girl from a farm outside Wellington has been raped and murdered.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za