Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


1929: Wat maak Interskole anders?

1929: Wat maak Interskole anders?
 
2008-11-05

Jimmy du Toit

AS oud-Gimmie het ek ‘n groot passie vir Interskole en my boekie Interskole Sage wat in 1993 gepubliseer is, word vanjaar in ‘n opgedateerde weergawe gepubliseer met Gim se 150ste herdenking.
Vir my is dit belangrik dat die statistiek korrek moet wees – soos wie al die meeste interskolestryde gewen het. Die amptelike rekord lui tans dat Gim ‘n kortkop voor Boishaai is met 38 oorwinnings teenoor 32 vir Boishaai, met 9 gelykopstryde.
Gim het al ‘n paar keer vier jaar agtermekaar gewen, soos die afgelope vier jaar – die vraag is of hulle vanjaar hul eie rekord gaan breek deur vir ‘n vyfde keer te wen!Ek het voorheen versoeke deurgestuur oor Interskole-tellings wat volgens my navorsing verkeerd was.
Drie van die vier is reeds op my versoek verander, waar ek by Gim punte weggeneem het en HJS gekrediteer is – wat vir my as warmbloed Gimmie baie onaangenaam was. Oor die 1929 uitslag is egter nog nie konsensus bereik nie, omdat daar twee wedstryde was.
Die wedstryd wat as die amptelike een aangegee word, was gelykop (3-3). Die tweede wedstryd in daardie jaar is 6-3 in Gim se guns beklink.Ek weet nie of dit juis ‘n kwalifikasie is nie, maar al 79 tellings dra ek in my kop rond, plus die tersaaklike Gim-kapteins kan ek enige tyd oproep (toets my).
My ander “kwalifikasie” is dat ek op 80-jarige ouderdom gelewe het van die begin van Interskole (1929) tot vandag. Van negejarige ouderdom het ek intens belang gestel het in wat met Gimnasium op die rugbyveld gebeur.
In 1999 het ek die museum by HJS besoek om ook die Boishaai kapteins se name te kan bekom, wat ek in die nuwe uitgawevan my boek publiseer (per slot van rekening speel Boishaai mos ook in dié wedstryde). Ek het drie dae deurgebring in die manjifieke instelling terwyl ek ou foto’s bestudeer het en talle Boishaaiers van my jeug herken het.
Ek kon lustig deur die goed georganiseerde jaarblaaie lees (ek het self ‘n hele klompie Boishaai jaarblaaie) en langs die pad het my oog op die 1929 jaarblad geval.
Hierdie jaarblad het klinkklare bewys dat Gim daar die jaar se interskole met 6-3 gewen het, maar die amptelike statistiek gee dit aan as ‘n gelykopstryd 3-3. Wat ons bring by die vraag: wanneer is dit Interskole?
Wat maak Interskole anders as ‘n gewone “ligawedstryd”? Ek verwys na die tye toe daar twee wedstryde was maar net een Interskole was. Daar word gereeld gesê dat die eerste wedstryd van die jaar as die belangrikste beskou is - deur wie?
Sommige ondersteuners verkies dit om eerder op die telling in Augustus te roem.
Die statistiek moet tog die geskiedenis weerspieël - dit maak nie saak wanneer die wedstryd gespeel is nie, maar wat die aard van die omstandighede was.
In my matriekjaar was Interskole in Mei. Al het dit op 25 Desember plaasgevind, sou dit Interskole se naam gedra het.
Hoekom? Wat maak Interskole anders?
Dit is die foefies soos die versierde pawiljoene, orkeste, sang, strydkrete, ‘n dirigent wat met n koets en agt swart perde met “high-stepping”” aksie arriveer, of hy wat met ‘n helikopter aanland. Of as 15 blou Volksies voor die HJS pawiljoen stelling inneem waaruit 15 spelers uitklim .... as dít gebeur, het jy Interskole op hande!
Hoe tipeer jy ligawedstryde?
Dit word op ‘n Saterdagoggend, gespeel soms was dit ‘n voorwedstryd vir Paarl en nie die hoofvoorwedstryd nie, want dit het behoort aan Paarl se tweede span. Die rolspelers kom uit die tonnel en hardloop na die veld met ’n pawiljoen waarop daar nog baie plek is.
In HJS se 1929 jaarblad blyk dit daar was drie wedstryde gedurende die jaar. By net een was daar dirigente – Gim s’n was Manas de Villiers (van Oukraalfaam). Hierdie wedstryd word in HJS se jaarblad beskryf as Interskole, waar Gim 6-3 gewen het (en nie 3-3 gelykop gespeel het nie). Die wedstryd waarin gelykop gespeel is, was ‘n gewone ligawedstryd.
By navraag het HJS verkies om by die ou telling te hou – Gim was verstaanbaar meer toegeeflik....



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za