Bendelede sit lewenslank
2005-07-28
JY hoef nie self die sneller te trek nie, as bendelid is jy ewe skuldig aan die moord.
Met hierdie waarskuwing het streeklanddros Patrick Ross onlangs drie bendelede van Paarl-Oos aan moord, poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen skuldig bevind.
Daarna is die saak na die Hoërhof in Kaapstad verwys, sodat lewenslange vonnis oorweeg kan word.
Waarnemende regter Potgieter het verlede week die streekhof-skuldigbevinding bekragtig en die drie bendelede elk tot 20 jaar agter tralies gevonnis.
Franco Pietersen is 44 jaar tronkstraf opgelê, waarvan hy nie minder as 20 jaar sal moet uitdien nie. Hy was in besit van die moordwapen en ammunisie.
Lorenzo Newing en Lincoln Anthony is elk tot 40 jaar gevonnis en sal ook effektief 20 jaar agter tralies wees.
Die uitspraak en vonnis was die einde van die moord in November 2001 van Patrick Hartogh van Magnoliawoonstelle, Klein Nederburg.
Hartogh was in sy woning, onbewus van die bendewraak op jonger familielede, toe die skuldiges die woning ingestorm en met pistoolvuur losgebrand het.
Michael Herandien is in die kakebeen gewond toe hy hom op die trappe by die voordeur in die bendelede vasgeloop het. Buurman Moses Stoffel is ook tydens die aanval gewond.
“Daar was gemeenskaplike opset om te moor. Jy hoef nie self die sneller te trek nie - as lid van die bende is jy ewe skuldig aan die moord,” het landdros Ross gesê.
“Net om ’n bendelid te wees, is ’n misdaad.”
* Belonging to a gang is a criminal offence, magistrate Patrick Ross stressed in Paarl’s regional court. A member of a gang can be held accountable and will be prosecuted for a murder committed by a fellow gang member.
More
News
|