ELKE slag as ek om enige van die verkeersirkels in die Paarl ry, is daar ten minste een voertuig wat in die verkeerde baan om die sirkel gaan.
’n Verkeersirkel is ’n baie effektiewe manier om die verkeer maklik te laat vloei. Byvoorbeeld, in Australië word sirkels hoofsaaklik gebruik en dit is regtig ’n plesier om daar te ry.
MAAR dit kan net werk as die publiek weet hoe om korrek om ’n sirkel te ry (kortpad met die binneste baan, tensy jy al by die eerste uitgang wil uitgaan).
Dit beteken 90% van Suid- Afrika se bestuurders behoort eintlik nie in besit van ’n bestuurslisensie te wees nie, aangesien hulle nie weet wat die korrekte prosedure is met ’n verkeersirkel nie.
Dit ten spyte van die feit dat daar duidelike verkeerstekens voor die meeste van die sirkels is wat aandui in watter baan om te ry.
Ek ag dit regtig ’n groot probleem en voel dat daar meer gedoen moet word, voordat daar lewensverlies is.