Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Affirmative action justification to leave SA

Affirmative action justification to leave SA
 
2008-11-06


TROTS OZZIE reageer op Ruan Julius se skrywe, “I still miss Paarl” in die Paarl Post van 23 Oktober.

As ouer wil ons elkeen die beste vir ons kinders hê. Elke ouer kyk na huidige en toekomstige omstandighede en neem dan so besluite om vir hul kinders die beste te lewer.

Dit wil vir my voorkom of Julian sekerlik nie kinders het nie en was hy ook nie geraak deur die gewetenlose diskriminasie wat regstellende aksie op onskuldige wit, bruin en Indiërs plaas nie.

Ruan, almal weet as jy in Dubai sit dat jy dit doen net vir geld en die voordeel van geen belasting.

Ek as ouer het meer as genoeg rede om Suid-Afrika te verlaat weens die diskriminerende ongetoetste, afbrekende stelsel van regstellende aksie wat

Suid-Afrika meer skade as goed doen.

As die Suid-Afrikaanse regering ’n deeglike studie gedoen het van wat regstellende aksie die land kos en die voordele wat dit bring, sal die stelsel lankal reeds gestaak gewees het.

Ek ken gelukkig baie bruin en swart mense wat steeds die geleenthede wat onder apartheid aan hul aangebied is, opgeraap het en geleerdheid bekom het.

Die vraag is eerder of dié wat nou reeds bykans 15 jaar nadat apartheid afgeskaf is, nog steeds geen voet gaan verroer om hul omstandighede self te verbeter nie, iets gaan doen vir hulself.

Dit wil vir my voorkom meer mense kla nou as wat hulle gekla het onder apartheid.Mis Ook Paarl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za