Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moedeloos oor Raad se pype

Moedeloos oor Raad se pype
 
2005-07-28


‘n PAARLIET, Flaffie Barnard van Klein Reservoirstraat naby die Strooidakkerksaal, is nou al moedeloos.

Hy ervaar ‘n magdom van probleme, want sedert verlede jaar, is sy swembad reeds drie keer met modderwater oorstroom elke keer as dit swaar reën. Dit kos hom ‘n fortuin om die saak telkens reg te stel.

Sê Flaffie: “My erf is reg onder die dam in Reservoirstraat. Toe ‘n waterpyp in 2004 aan die suidekant van die dam gebars het, is my erf en swembad oorstroom. Ek het groot skade gely, want my assuransie dek nie grondverskuiwing of verspoeling nie.”

Volgens hom was die finansiële verlies groot met die gepaardgaande vervanging van die swembadpomp en filter, die herstel van die swembad en vervanging van die 55 000 liter water.

Wat hom verder omgekrap het, was dat die Munisipaliteit hom ‘n emmer chloor aangebied het nadat hy sy saak gestel het.

Hulle wou nie verantwoordelikheid aanvaar nie omdat volgens hulle daar nie nalatigheid van hulle kant was nie.

Nog was dit het einde niet, want in Mei gebeur dieselfde ding. Dieselfde pyp het op dieselfde plek gebars met dieselfde vernietigende gevolge.

Sy assuransie het darem vir die skoonmaak van die swembad betaal.
Vroegoggend verlede Woensdag tref dieselfde ongeluk weer die Barnard-gesin, want dieselfde pyp het aan die noordekant gebars.

Die damwal het oorgeloop en hy het die munisipaliteit onmiddellik gebel. Die stormwaterafdeling het sandsakke kom pak om die water in die stormwaterslote te kry.

Flaffie vertel: “Ek dink nie hulle het geweet hoe die stormwaterslote hier loop nie, want met die sandsakke is al die water deur my erf en swembad gekanaliseer!

“Ek sit nou weer met ‘n oorstroomde erf en swembad en uit ondervinding weet ek wie gaan daarvoor moet betaal!”

As belastingbetalers wil die Barnards graag hê dat die Raad die sloot aan die onderkant van die dam, soos in die verlede, gereeld moet skoonmaak en die bosse daar moet verwyder.

Dan kan hulle gerus ook ‘n plan maak om die ou waterpype te vervang.

Volgens ‘n munisipale woordvoerder is vandeesweek begin om die waterpyp te vervang.

“Dit is ongelukkig dat die pyp weer gebreek het net voordat met die geskeduleerde vervanging daarvan begin is, met skade op mnr Barnard se perseel as gevolg.

“Die stormwater- en parke-afdelings is reeds besig om die nodige aandag aan die stormwaterstelsel te gee.

“Mnr Barnard is versoek om sy skade per brief aan die Muniipaliteit deur te gee vir oorweging.”

* A Paarlite has been hit by pipe bursts.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za